Art and CraftArticles

Foto Joernaal deur Melize van der Walt S2/E1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

• Ink sponsie
• Gom
• Dala ‘Antique nib’
• Verf
• Sharpies
• Rommel / sleutels
• Heritage spuitverf
• Kaisercraft lint and Rafia
• Kaisercraft karton
• Brother ScanNCut
• Super cutter
• Kaisercraft uitknipsels

STAPPE:

stap 1
Op die voorblad gebruik ‘scrapbook’ papier vir die agtergrond en verouder met die ink sponsie om die kante van die bladsy. Plak ‘n geroeste plaat bo-op en versier met ‘n etiket. Plak foto en geroeste maatband.

stap 2
Verf houtraampie en verouder met ink sponsie. Plak ‘washi tape’ rondom die raampie. Versier met papier blomme.

stap 3
Gebruik ‘scrapbook’ papier vir beide bladsye se agtergrond. Plak die fotos en omraam met ‘washi tape’. Versier met hout uitknipsels, woorde en geroeste staal.

stap 4
Gebruik ‘scrapbook’ papier vir beide bladsye se agtergrond. Vir die blou agtergrond, knip die plaas prentjie uit Creative Talents se decoupage papier. ‘Matt’ foto op rooi karton en plak alles. Versier met windpomp hout uitknipsel en woorde. Sny die woorde jag en swem vir die bruin bladsy met die Brother ScanNCut en plak alles.

stap 5
Gebruik drie verskillende kleure krytverf (chalk paint) vir die agtergrond. Plak foto en versier met blomme. Teken kransie met gekleurde penne.

stap 6
Verbind die hele joernaal met ‘n lintjie.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *