Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Foto Joernaal deur Jarius Senekal S2/E1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

• Verf
• Papier
• Ink
• Verskeie Tsukinek ink sponsies
• Das klei
• Papier (ou boekblaaie)
• Gluegun
• Tou
• 100% Pattex gom
• Creative Talents donker politoer (wax)
• Dala Modge Podge
• Creative Talents decoupage papier met engel
• Raffia
• Sharpie penne
• Rollers
• Assorted Iris kwasse
• Lasercutting woord
• Clay Club Mosaic teëls
• Klei blomme en blare
• Unlimited ideas stensils

Kunsvlyt 2 - Episode 1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

STAPPE:

stap 1
Verf die agtergrond met verskeie kleure van bruin. Posisioneer ‘n stensil links onder en stensil van donkerbruin tot goud bo. ‘Matt’ jou foto op ‘scrapbook’ papier en plak dit. Verf ‘n kroon aan die bokant van die foto. Verf nou al jou boodskappe in. Skryf die woord “vry” met die glue gun en kleur rondom in met ink sponsies. Versier verder met ‘n kruis, hartjie en musieknoot.

stap 2
Gebruik ‘scrapbook’ papier vir die agtergrond. Op die groen bladsy, plak die foto en versier met houtwoorde, hartjie en blokkies teëls. Verf patrone na jou keuse. Op die familie blad, decoupage ou boek blaaie op die agtergrond en plak die foto. Smeer gom en draai die tou in sirkel bewegings op die gom om ‘n raampie te vorm. Stensil die woord ‘familie’ onder die foto en bou ‘n blomtuin uit mosaik teëls.

step 4
Verf die agtergrond bo blou en dan ‘n sand kleur. Plak die foto in die onderste helfte van die bladsy en plak dan die staal skaniere bokant die foto. Verf nou ‘n raam rondom die foto wat ook gedeeltelik bo oor die skaniere gaan. Sny ‘n klein vliegtuig uit blou papier en die stert van ‘n vliegtuig uit swart papier. Verf skakerings in op die vliegtuie. Plak mosaik hart. Vir die protea agtergrond: verf die agtergrond donker grys of swart kleur. Verf dan ‘n strook rooi in die middel en stensil die twee proteas daarop. Bou van die blare op met klei en verf detail in.

stap 5
Gebruik ‘scrapbook’ papier vir die agtergrond. Verdeel agtergrond in blokke deur donker bruin lyne in te verf. Gebruik ander skakerings van bruin om die baksteen patroon uit te lig. Sny ‘n engel uit die decoupage papier, plak die mosaik teëls en skryf boodskap.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Kunsvlyt 2 – Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *