Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Foto Joernaal deur Hester Claassen S2/E1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

• Karton van Kaisercraft
• Dala verf
• Prime Art Kwasse
• Wilson & Maclagan Glue gun
• Kaisercraft stensils
• Kaisercraft verfraaiings (embellishments)
• Kaisercraft kant, tou en lint

Hester Claassen - Episode 1

Hester Claassen – Episode 1

STAPPE:
stap 1
Hester het vergeet om papier te vat vir hierdie uitdaging. Sy moes dus ‘n plan maak om agtergronde te maak. Dis hoe sy dit gedoen het: Verf al die agtergronde met ‘n room kleur verf. Verdun die blou verf met water en gooi in ‘n spuitbottel. Spuit die bladsye met die verf en los om droog te word. Gebruik nou die rooi verf en ‘n stensil om op die blou agtergrond te stensil. Jy kan ook stempels met swart ink gebruik vir nog meer detail soos op die voorblad.

stap 2
Hierdie joernaal het regdeur dieselfde tema gevolg van rooi en blou. Kies linte, blomme, tou en hout uitknipsels om elke bladsy te versier. Plak die fotos eerste en versier dan rondom die fotos. Sny van die fotos uit in bv. n hart vorm.

stap 3
Gebruik rooi en bruin tou om die joernaal aanmekaar te bind. ‘n “Criss-Cross” tegniek is gebruik hiervoor. Moenie die tou afsny direk teen die knoop nie los ‘n stertjie van omtrent 4cm vir effek.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Kunsvlyt 2 – Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *