Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Foto Joernaal deur Adri Goosen S2/E1

Adri Goosen - Episode 1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

• Brother ScanNCut
• Blik skêr
• Empisal naaldwerk masjien
• Hessian en ogiesdraad
• Glue gun
• Dala craft paint
• Kaisercraft ‘scrapbook’ papier
• Clay Club teëls
• Hout letters

STAPPE:

stap 1
Gebruik denim ‘scrapbook’ papier vir die agtergrond. ‘Matt‘ die foto op bruin karton en teken ‘n stippellyn reg rondom met ‘n Sharpie. Bind die geroeste spykers
aanmekaar vas en plak dit aan die regterkant van die foto met die glue gun. Plak ‘n stuk geroeste ogiesdraad aan die bokant. Verf die hout letters en plak.

stap 2
Berei die agtergrond soos in stap 1. Sny eiers uit decoupage papier. ‘Matt’ die fotos en plak op die agtergrond. Skryf ‘n boodskap op ‘n ‘scrap’ stuk papier en stik met ‘n naaldwerk
masjien. Voor dit geplak word, plak die ogiesdraad oor die fotos en eiers.

stap 3
Gebruik ‘scrapbook’ papier vir die agtergrond. Op die ligter agtergrond plak ‘n doilie, stik ‘n raampie op papier met die naaldwerk masjien. Plak fotos en versier met ‘washi tape’, tou en knope. Vir
die groen agtergrond, plak ogiesdraad, ‘matt’ die foto en bou ‘n raampie uit wasser en sleutels. Versier met etiket en woorde. Berei die agtergrond soos voorheen, matt die foto en maak ‘n raam met out sleutels en wasser Versier met etiket en sny die woorde uit met die Brother ScanNCut.

stap 4
Gebruik baksteen ‘scrapbook’ papier vir die agtergrond. Plak twee doilies effens oormekaar. ‘Matt’ die foto op karton en sny driehoekies uit oranje papier om fotohoekies te maak. Plak hulle op die 4 hoeke van die foto. Sny “A3” uit oranje papier uit en plak onder aan die bladsy.

stap 5
Verbind die joernaal met toutjies.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Kunsvlyt 2 – Kompetisie

 

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *