Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Tafel Dek deur Veronika, Thynette en Ezmé S2/E3

Kunsvlyt 2 – Episode 3

Vir hierdie projek moes die kunsvlyters koppe bymekaar sit en in groepe werk om ‘n tafel kreatief te dek vir genooide gaste. Die verloor groep sal teen mekaar moet uitspook in ‘n eliminasie rondte.

Benodigdhede:

Design Team lap vir tafeldoek

Krylon metaal spuitverf

Wilson & McClaghlan Verskeie groottes polystyrene balle en harte

No more nails gom

Dala Texture paste

Creative Talents hout blokkies

Creative Talents ronde hout basis

Creative Talents Krytverf

Dala Akriel Verf

Creative Talent soft wax

Unlimited Ideas stensil blare krans

Wilson & McClaghlan

The Clay Club Rooi harte

Weggooi glas bottle

Sosatie stokkies

 

Stappe:

Stap 1: Kies tafeldoekmateriaal en prep die regte grootte

Stap 2: Berei eetgerei voor om die handvatsels te spuitverf.  Sodra die verf droog is, maak ‘n tou strikkie, en rond af met ‘n rooi hartjie teël.

Stap 3: Stik ‘n soom vir die tafeldoek

Stap 4: Plak ‘n klein polystyrene bal op ‘n groot bal met die No more Nails, om lyfies vir skape te vorm.

Stap 5:  Steek ‘n sosatie stokkie in die groot bal, om jou projek beter te kan hanteer.

Stap 6: Gebruik draad om die bene van die skaap te vorm

Stap 7:  Gebruik die texture paste om ‘n ‘wollerige’ laag te verf op die balle, en so die wol van die skape voor te stel.

Stap 8: Gebruik swart akriel verf vir die voorste helfte van die kop-balletjie, om ‘n gesig te vorm.

Stap 9: Skuur die ronde hout basis om seker te maak daar is geen los splinters, en vir afronding.

Stap 10:  Verf die basis van die middelstuk

Stap 11:  Sodra die verf droog is, vryf in met sagte politoer

Stap 12: Verf die houtblokkies vir voetstukke vir die skape

Stap 13:  Stensil die blare krans patroon op die basis van jou middelstuk

Stap 14:  Gebruik die Oil based Sharpie markers om op die wit eetgerei patrone aan te bring.  Jy kan lynsketse teken, of jou gaste se name aanbring.

Stap15:  Druk sosatie stokkies in die polystyrene harte en verf rooi.  Verf stokkies goud.

Stap 16:  Plak die rooi harte teëls teen die skapie se lyf vas

Stap 17:  Verf die gesiggies se detail

Stap 18:  Plak die skape op die geverfde houtblokkies

Stap 19:  Spuitverf die naamkaartjies, skryf jou gas se naam daarop, en plak ‘n rooi hartjie teël.

Stap 20:  Plaas hartjie stokkies in ‘n glasbottel wat gespuit is met Krylon Chalk spray paint.

(Gebruik die Olie Basis Sharpie penne om op glas en keramiek te skryf. Om te verseker dat die Sharpie lynpatrone nie afwas nie, bak jou eetgerei in die oond teen 180˚C vir 2 ure.
Plaas dit in die oond terwyl die oond warm word, en los in die oond tot afgekoel.)

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *