Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Foto Joernaal deur Veronika Olivier S2/E1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

Daler Rowney:
• Prusian Blue
• Flash ocher
• Pienk
• Bruin

Dala:
• Gel Medium
• Tekstuur medium

Prime Art brayer

The Wholesaler:
• “All purpose ink”
• Tsukinek ink sponsies

Rubbing Alcohol 91%
Stensils van Unlimited ideas

Wilson & Maclagan:
• Washi tape
• Hesian
• Glue gun
• Tou

STAPPE:

stap 1
Agtergrond met papier gecollage en geverf. Bou verskillende lae opmekaar. Begin deur ‘n basis kleur te verf en dan bo-op die verf lukraak stukke papier te Modge Podge. Verf dan weer bo-oor gedeeltes van die papier. Jy kan selfs tekstuur mediums gebruik in die verksillende lae.

stap 2
Gebruik wit verf en die brayer om bo-oor die lae te verf. Maak “alcohol ink” deur die “All purpose ink” met “rubbing alcohol” te meng in ‘n 50:50 verhouding. Drup dit nou op die kant van die bladsy.

stap 3
Sny Hessian stukke en collage daarmee.

stap 4
Gebruik tekstuur medium en stensils om diepte in te bring op die bladsye.

step 5
Vir die voorblad maak hessian blomme en droogverf met wit. Verf ‘n houtraampie met skakerings van bruin. Verf die agtergrond van die voorblad met roomkleur verf. Plak die raampie op die voorblad met die blomme in. Sny die woorde: “My lewe vol drome” uit met die ScaNCut masjien. Plak alles en versier met tou.

stap 6
Verouder die kante van die bladsye deur liggies dit te vee met die ink sponsies.

stap 7
Maak ‘n blom met tou en gebruik ‘n hart knoop vir die middelpunt.

stap 8
Gebruik die hout uitknipsels vir finale afronding en detail. Gebruik ook van die hout woorde hiervoor. Gebruik “washi-tape” vir afronding.

stap 9
Bind die boek met tou.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

 

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *