Tafel Dek deur Hester, Melissa en Jarius S2/E3 (EPISODE WENNER)
Kunsvlyt 2 – Episode 3
Vir hierdie projek moes die kunsvlyters koppe bymekaar sit en in groepe werk om ‘n tafel kreatief te dek vir genooide gaste. Die verloor groep sal teen mekaar moet uitspook in ‘n eliminasie rondte.
Benodigdhede:
Design Team lap vir tafeldoek
Krylon metaal spuitverf
Creative Talents Hout plekmatjies en beker matjie
Krylon chalk paint spuitverf
Sharpie Fabric Markers
Sharpie Oil Based Markers
Verskeie kleure felt
Wilson & McClaghlan tou,
The Clay Club klein vierkantige teëls
Wilson & McClaghlan hessian
Rommel draad en staal stroke
The Wholesaler papierblomme
Stappe:
Stap 1: Kies tafeldoekmateriaal en prep die regte grootte
Stap 2: Berei eetgerei voor om die handvatsels te spuitverf. Gebruik Washi-tape om die dele te beskerm wat NIE gespuit moet word nie.
Stap 3: Spuit die hout plekmatjies met krytverf
Stap 4: Kleur gedeeltes van die tafeldoek in met Sharpie Fabric Markers
Stap 5: Knip ‘n hartvorm uit papier wat as templaat gebruik kan word.
Stap 6: Gebruik die hart templaat om ‘n reënbooghart met Oil Based Sharpies op al die wit eetgerei te teken. Let wel – die oor van die beker vorm die helfte van die hart.
Stap 7: Knip driehoeke uit die felt materiaal, en stik aanmekaar met die tou om ‘n bunting vlagstring te vorm.
Stap 8: Pak reenbogies op die hoeke van die plekmatjies met rye van die klein mosaiek vierkantige teëls
Stap9: Gebruik die Oil based Sharpie markers om op die wit eetgerei patrone aan te bring. Jy kan lynsketse teken, of jou gaste se name aanbring.
Stap 10: Sny lap vir servette
Stap 11: Sny ‘stingels’ uit die staal stroke, en plak papierblomme op die punte
Stap 12: Gebruik ‘n blik om versameling papierblomme, polystyrene balle en Rommel blomme bymekaar te bring.
Stap 13: Dit is ‘n interaktiewe tafel. Vul die beker met sharpies en nooi jou gaste om verder die tafeldoek in te kleur.
(Gebruik die Olie Basis Sharpie penne om op glas en keramiek te skryf. Om te verseker dat die Sharpie lynpatrone nie afwas nie, bak jou eetgerei in die oond teen 180˚C vir 2 ure.
Plaas dit in die oond terwyl die oond warm word, en los in die oond tot afgekoel.)
Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld