Art and CraftArticlesFeatured

Donkie Skets deur Ronell Neethling

Donkie Skets deur Ronell Neethling

Ek het spesifiek hierdie projek gekies, omdat so baie mense voel hulle kan nie teken nie, en dan voel hulle, hulle kan nie kuns projekte aanpak nie.

Moet asseblief nie die metode gebruik om iemand ander se produkte te kopieër en verkoop nie. Dit is net vir moeilikheid soek.

Ons groot fout is, as ons teken kry ons nie altyd die verhouding van bv. tussen die oog en neus, of oor en kop reg nie. Dan lyk alles verkeerd, dit maak jou moedeloos en maak dat jy opgee.

Ek hoop die metode gee jou selfvertroue en is die gevolg van ure se genotvolle crafting.

Dié metode gaan jou meer selfvertroue gee vir jou volgende projek!

Benodighede:

  • Blok hout canvas
  • Potlood
  • Artist fixative
  • Embellishments (Hart en kruis)
  • Craft verf – ek het ‘n room agtergrond, donker bruin, swart, wit, en ligblou
  • Charcoal
  • Decoupage prentjie (print van Google of Pinterest af in wit en swart, kyk net as dit kopie reg ophet mag jy dit nie verkoop nie.)
  • Windpomp stensil
  • Doringdraad stensil
  • Gold leaf
  • Adhesive size (gom van gold leaf)
  • Tou
  • Glue gun

Metode:

  1. Verf jou agtergrond op die canvas, 2 lae was nodig vir my. Laat droog word.
  2. Beplan jou canvas, kyk mooi waar jy wat gaan verf.
  3. As jou beplanning gedoen is, draai jou donkie (print) om en smeer die agterkant vol charcoal.
  4. Draai jou prent om en plaas dit op jou canvas soos jy beplan het. Nou gebruik jy jou skerp potlood.
  5. Trek al die belangrike buitelyne op jou print nou af wat jy op jou canvas gesit het. Waar die oog, oor, mond, nek sit, is belangrik vir die regte verhouding van jou print.
  6. Moet nie bekommerd wees as die charcoal bietjie smeer nie, dit vee maklik af met ‘n klam lappie of uitveër.
  7. Haal jou print af en hou dit eenkant vir verwysing – jy gaan heeltyd terug kyk na jou verwysing prent.
  8. Nou behoort jy buitelyne van jou print op jou canvas te hê. Nou spuit jou prentjie met fixative (gewone oudtydse haarsproei werk baie goed). Dit sal keer dat dit smeer.
  9. Verf nou jou donkie (print) in soos jy van dit hou. Moenie te veel bekommer as jy dalk ‘n lyn verloor nie, ons gaan weer die donkie op touch. Gee veral aandag aan donker en ligter gedeeltes, dit gee jou vorm.
  10. Sodra jy gelukkig is met jou donkie (print) laat hom droog word. Vir meer detail gebruik ek gewone olie pastelle, vee dit met jou vingers in. Jy kan altyd weer jou oorspronklike print op jou canvas oor jou geverfde donkie sit, en weer jou lyne kry bv. die oog, neus, ens.
  11. Gaan net weer met ‘n potlood oor.
  12. Hou jou prentjie langs jou en met ‘n dun verf kwassie sit jy jou detail in. Gebruik swart. Wit lyntjies word gebruik vir die highlights.
  13. Ek hou daarvan om bietjie charcoal by te sit, werk dit met jou vingers in. Verdun van die blou verf met water en gaan liggies oor die agtergrond. Sodra jy gelukkig is met jou werk, spuit weer met fixative as jy charcoal gebruik het om te keer dat dit smeer.
  14. Nou versier jy jou ekstra blokkies, volgens jou keuse. Op jou hartjie verf jy die adhesive size (gom van die gold leaf) sit eenkant, tot wit van die gom weg is. Sit gold leaf baie versigtig op. Oppas om jou hartjie nie heeltemal te laat droog word nie.
  15. Probeer dat alle kleure by mekaar pas om te keer dat jou produk te bont is.
  16. Plak jou blokkies met ‘n glue gun. Houtgom of No More Nails.

Jy kan nooit weer sê jy kan nie teken nie!!! Dankie dat jy gekyk het.

Ek is op Facebook as jy vrae het kontak my enige tyd.

Liefde,
Ronell.

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *