perfekte jy

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

  • ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
  • meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
  • die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
  • leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
  • die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
  • goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei

Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.

 

UNIEKE VERKOOPPUNTE:

  • Topverkoper-outeur
  • ’n Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument met 300 vrae om jou Perfekte Jy te ontsluit
  • ’n Perfekte Jy-kontrolelys om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
  • Eenvoudige oefeninge om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei
Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *