Tafel Dek deur Veronika, Thynette en Ezmé S2/E3
Kunsvlyt 2 – Episode 3
Vir hierdie projek moes die kunsvlyters koppe bymekaar sit en in groepe werk om ‘n tafel kreatief te dek vir genooide gaste. Die verloor groep sal teen mekaar moet uitspook in ‘n eliminasie rondte.
Benodigdhede:
Design Team lap vir tafeldoek
Krylon metaal spuitverf
Wilson & McClaghlan Verskeie groottes polystyrene balle en harte
No more nails gom
Dala Texture paste
Creative Talents hout blokkies
Creative Talents ronde hout basis
Creative Talents Krytverf
Dala Akriel Verf
Creative Talent soft wax
Unlimited Ideas stensil blare krans
Wilson & McClaghlan
The Clay Club Rooi harte
Weggooi glas bottle
Sosatie stokkies
Stappe:
Stap 1: Kies tafeldoekmateriaal en prep die regte grootte
Stap 2: Berei eetgerei voor om die handvatsels te spuitverf. Sodra die verf droog is, maak ‘n tou strikkie, en rond af met ‘n rooi hartjie teël.
Stap 3: Stik ‘n soom vir die tafeldoek
Stap 4: Plak ‘n klein polystyrene bal op ‘n groot bal met die No more Nails, om lyfies vir skape te vorm.
Stap 5: Steek ‘n sosatie stokkie in die groot bal, om jou projek beter te kan hanteer.
Stap 6: Gebruik draad om die bene van die skaap te vorm
Stap 7: Gebruik die texture paste om ‘n ‘wollerige’ laag te verf op die balle, en so die wol van die skape voor te stel.
Stap 8: Gebruik swart akriel verf vir die voorste helfte van die kop-balletjie, om ‘n gesig te vorm.
Stap 9: Skuur die ronde hout basis om seker te maak daar is geen los splinters, en vir afronding.
Stap 10: Verf die basis van die middelstuk
Stap 11: Sodra die verf droog is, vryf in met sagte politoer
Stap 12: Verf die houtblokkies vir voetstukke vir die skape
Stap 13: Stensil die blare krans patroon op die basis van jou middelstuk
Stap 14: Gebruik die Oil based Sharpie markers om op die wit eetgerei patrone aan te bring. Jy kan lynsketse teken, of jou gaste se name aanbring.
Stap15: Druk sosatie stokkies in die polystyrene harte en verf rooi. Verf stokkies goud.
Stap 16: Plak die rooi harte teëls teen die skapie se lyf vas
Stap 17: Verf die gesiggies se detail
Stap 18: Plak die skape op die geverfde houtblokkies
Stap 19: Spuitverf die naamkaartjies, skryf jou gas se naam daarop, en plak ‘n rooi hartjie teël.
Stap 20: Plaas hartjie stokkies in ‘n glasbottel wat gespuit is met Krylon Chalk spray paint.
(Gebruik die Olie Basis Sharpie penne om op glas en keramiek te skryf. Om te verseker dat die Sharpie lynpatrone nie afwas nie, bak jou eetgerei in die oond teen 180˚C vir 2 ure.
Plaas dit in die oond terwyl die oond warm word, en los in die oond tot afgekoel.)
Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld
This Post Has 0 Comments