Nadia Beukes se Teekoek Resep

Bestanddele:
1 1/2 koppie meelblom
1 koppie suiker
3 ronde eetlepels sagte botter
1 eier
1 koppie melk
sout
2 teelepels bakpoeier
Metode:
- Klop botter en suiker tot room.
- Klits eier en meng melk by – klits goed.
- Meng die meelblom om die beurt in die botter mengsel (saam met die bakpoeier).
- Gooi in ‘n glasbak en bak vir 30min teen 180 grade.
- Smeer eers Bovril oor, en dan botter en dan gerasperde kaas.