Hugo Ludik se Bielie Mielie Corn Bread

Bestanddele:
- 500 g bruismeel
- 1 blikkie cream style suikermielies
- halwe teelepel sout
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 handvol grofgekapte vars basiliekruid
- 1 blikkie melk (gebruik sommer die leë sweetcorn blik)
Metode:
- Voeg al die bestanddele in ’n mengbak.
- Vul die leë blikkie suikermielies met melk en voeg by die res.
- Meng alles goed.
- Spuit ’n broodpannetjie en skep die mengsel daarin.
- Bak vir 1 uur by 180°C.