Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Tafel Dek deur Hester, Melissa en Jarius S2/E3 (EPISODE WENNER)

Kunsvlyt 2 – Episode 3

Vir hierdie projek moes die kunsvlyters koppe bymekaar sit en in groepe werk om ‘n tafel kreatief te dek vir genooide gaste. Die verloor groep sal teen mekaar moet uitspook in ‘n eliminasie rondte.

Benodigdhede:

Design Team lap vir tafeldoek

Krylon metaal spuitverf

Creative Talents Hout plekmatjies en beker matjie

Krylon chalk paint spuitverf

Sharpie Fabric Markers

Sharpie Oil Based Markers

Verskeie kleure felt

Wilson & McClaghlan tou,

The Clay Club klein vierkantige teëls

Wilson & McClaghlan hessian

Rommel draad en staal stroke

The Wholesaler papierblomme

 

Stappe:

Stap 1: Kies tafeldoekmateriaal en prep die regte grootte

Stap 2: Berei eetgerei voor om die handvatsels te spuitverf.  Gebruik Washi-tape om die dele te beskerm wat NIE gespuit moet word nie.

Stap 3: Spuit die hout plekmatjies met krytverf

Stap 4: Kleur gedeeltes van die tafeldoek in met Sharpie Fabric Markers

Stap 5: Knip ‘n hartvorm uit papier wat as templaat gebruik kan word.

Stap 6:  Gebruik die hart templaat om ‘n reënbooghart met Oil Based Sharpies op al die wit eetgerei te teken.  Let wel – die oor van die beker vorm die helfte van die hart.

Stap 7:  Knip driehoeke uit die felt materiaal, en stik aanmekaar met die tou om ‘n bunting vlagstring te vorm.

Stap 8:  Pak reenbogies op die hoeke van die plekmatjies met rye van die klein mosaiek vierkantige teëls

Stap9:  Gebruik die Oil based Sharpie markers om op die wit eetgerei patrone aan te bring.  Jy kan lynsketse teken, of jou gaste se name aanbring.

Stap 10: Sny lap vir servette

Stap 11:  Sny ‘stingels’ uit die staal stroke, en plak papierblomme op die punte

Stap 12:  Gebruik ‘n blik om versameling papierblomme, polystyrene balle en Rommel blomme bymekaar te bring.

Stap 13:  Dit is ‘n interaktiewe tafel.  Vul die beker met sharpies en nooi jou gaste om verder die tafeldoek in te kleur.

(Gebruik die Olie Basis Sharpie penne om op glas en keramiek te skryf. Om te verseker dat die Sharpie lynpatrone nie afwas nie, bak jou eetgerei in die oond teen 180˚C vir 2 ure.
Plaas dit in die oond terwyl die oond warm word, en los in die oond tot afgekoel.)

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *