Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Tafel Dek deur Adri, Letitia en Melize S2/E3

Kunsvlyt 2 – Episode 3

Vir hierdie projek moes die kunsvlyters koppe bymekaar sit en in groepe werk om ‘n tafel kreatief te dek vir genooide gaste. Die verloor groep sal teen mekaar moet uitspook in ‘n eliminasie rondte.

Benodigdhede:

Hout skinkbord basisse van Creative Talents

Scrapbooking papier

Rommel papier

Wilson & McClaghlan polystyrene balle

Modge Podge Dala

Prime Art swart canvas

Wilson & McClaghlan tou,

Clay Club klein rooi hart teëltjies

Creative Talents dark wax

Dala akriel verf

 

Stappe:

Stap 1: Knip papier spirale om papierblomme te vorm vir die sentrale fokus punt

Stap 2:  Sny verskeie blom template uit papier, en vorm papierblomme

Stap 3: Skuur die skinkbord basis van palette om seker te maak daar is geen los splinters nie en vir afronding.

Stap 4: Steek ‘n sosatie stokkie in die polystyrene balle om ‘n ‘stingel’ te vorm

Stap 5: Gebruik stroke papier en decoupage dit op die polystyrene balle.

Stap 6: Meet en pas swart canvas om die regte tafeldoek grootte te wees

Stap 7: Stik ‘n naat reg rondom vir afronding

Stap 8: Smeer ‘n strook gomgeweer gom aan die handvatsels van die eetgerei.  Draai tou om die handvatsels

Stap9:  Rond af met klein rooi hart teëltjies

Stap 10:  Rond die houtskinkborde af met donker politoer in die gleuwe.  Skakeer

Stap 11:  Verf ‘n motief, soos bv ‘n vrou wat blomme vashou, aan die linkerkant

(Gebruik die Olie Basis Sharpie penne om op glas en keramiek te skryf. Om te verseker dat die Sharpie lynpatrone nie afwas nie, bak jou eetgerei in die oond teen 180˚C vir 2 ure.
Plaas dit in die oond terwyl die oond warm word, en los in die oond tot afgekoel.)

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *