Competitions

Kunsvlyt Veiling | Versierde matte & Rommelkas Muurstuk

In episode 3 van Kunsvlyt was die deelnemers se vermoë om in spanne te werk getoets! Elke span se taak was om ‘n eenvoudige, lee mat te versier en natuurlik ‘n kunsstuk daarvan te maak. Die drie lede van die verloorspan uit episode 3 het daarna in episode 4 van Kunsvlyt teen mekaar meegeding. Hulle uitdaging was om ‘n kreatiewe muurstuk te maak uit die rommelkas. Hier is jou groot kans, nie net om jou gunsteling kunsvlyter se kunsstuk op veiling te koop nie, maar ook om ‘n verskil te maak! Opbrengste word eksklusief aan CHOC geskenk. Hoekom CHOC? CHOC maak nie net donasies vir kinders met kanker bymekaar nie, hulle verskaf ook sielkundige hulp en fisiese bystand aan die families wat geaffekteer is deur die siekte. Vir meer inligting, maak gerus ‘n draai by www.choc.org.za.

Reëls:

  • Maak jou keuse (kies ‘n letter), en keur terug na Facebook om jou bod (prys) te maak in die kommentaar gedeelte.
  • Dui die letter van die kunswerk aan, gevolg deur jou bod A R300.
  • Let wel dat die reserwe prys (minimum) vir elk van die mat kunsstukke R400 en die muurstuk uit die rommelkas R200.
  • Enige bod bo die reserwe prys word aanvaar as ‘n geldige bod.
  • Die veiling vir hierdie kunsstukke sluit: 20 Julie 2017.
  • Die hoogste bod vir elke kunswerk sal die geleentheid gegee word om die item te koop.
  • PNA sal weekliks in verdere kommunikasie wees met alle wenners.

Mat kunswerke

Muurstuk uit die rommelkas kunswerke

Let wel!

  • Alle kunsstukke word verkoop in hulle oorspronklike toestand soos verkry op die Kunsvlyt produksie stel.
  • PNA dra geen verantwoordelikheid vir beskadigde kunswerke tydens vervoer nie.
  • Slegs beskikbare kunsstukke is op veiling geplaas.
  • PNA vereis betaling van die kunsstuk voor aflewering daarvan sal plaasvind.
  • Moet asseblief nie ‘n bod plaas indien jy nie werklik belangstel om die kunswerk te koop nie.
Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *