Competitions

Kunsvlyt Veiling | Koffietafels

kunsvlyt koffie tafels

Idees het gevloei en kreatiwiteit het behoorlik sy draai gemaak tydens episode 4 van Kunsvlyt.  Die Kunsvlyt-deelnemers moes hierdie week ’n skoon item wat voor hulle neergesit is optower. Die skoon item was ‘n hout koffietafel. Hier is jou groot kans, nie net om jou gunsteling kunsvlyter se kunsstuk op veiling te koop nie, maar ook om ‘n verskil te maak! Opbrengste word eksklusief aan CHOC geskenk. Hoekom CHOC? CHOC maak nie net donasies vir kinders met kanker bymekaar nie, hulle verskaf ook sielkundige hulp en fisiese bystand aan die families wat geaffekteer is deur die siekte. Vir meer inligting, maak gerus ‘n draai by www.choc.org.za.

Reëls:

  • Maak jou keuse (kies ‘n letter), en keur terug na Facebook om jou bod (prys) te maak in die kommentaar gedeelte.
  • Dui die letter van die kunswerk aan, gevolg deur jou bod A R300.
  • Let wel dat die reserwe prys (minimum) vir elk van hierdie kunsstukke R200
  • Enige bod bo die reserwe prys word aanvaar as ‘n geldige bod.
  • Veiling vir hierdie kunsstukke sluit: 27 Julie 2017.
  • Die hoogste bod vir elke kunswerk sal die geleentheid gegee word om die item te koop.
  • PNA sal weekliks in verdere kommunikasie wees met alle wenners.

Let wel!

  • Alle kunsstukke word verkoop in hulle oorspronklike toestand soos verkry op die Kunsvlyt produksie stel.
  • PNA dra geen verantwoordelikheid vir beskadigde kunswerke tydens vervoer nie.
  • Slegs beskikbare kunsstukke is op veiling geplaas.
  • PNA vereis betaling van die kunsstuk voor aflewering daarvan sal plaasvind.
  • Moet asseblief nie ‘n bod plaas indien jy nie werklik belangstel om die kunswerk te koop nie.
Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *