Competitions

Kunsvlyt Veiling | Ornamente uit die rommelkas & Verf en Kerf

Die Kunsvlyters moes in episode 7 van Kunsvlyt, driedimensionele kunswerke skep deur gebruik te maak van items uit die rommelkas. Daarna was die tyd vir verf en kerf in episode 9! Hier is jou groot kans, nie net om jou gunsteling kunsvlyter se kunsstuk op veiling te koop nie, maar ook om ‘n verskil te maak! Opbrengste word eksklusief aan CHOC geskenk. Hoekom CHOC? CHOC maak nie net donasies vir kinders met kanker bymekaar nie, hulle verskaf ook sielkundige hulp en fisiese bystand aan die families wat geaffekteer is deur die siekte. Vir meer inligting, maak gerus ‘n draai by www.choc.org.za.

Reëls:

  • Maak jou keuse (kies ‘n letter), en keur terug na Facebook om jou bod (prys) te maak in die kommentaar gedeelte.
  • Dui die letter van die kunswerk aan, gevolg deur jou bod A R300.
  • Let wel dat die reserwe prys (minimum) vir elk van die ornamente uit die rommelkas kunswerke R150 is en die verf en kerf kunswerke R250
  • Enige bod bo die reserwe prys word aanvaar as ‘n geldige bod.
  • Die veiling vir hierdie kunsstukke sluit: 10 Augustus 2017.
  • PNA behou die reg om die veiling enige tyd  op die dag wat die veiling klaar maak te sluit. Enige bod wat daarna gemaak word sal nie aanvaar word nie.
  • Die hoogste bod vir elke kunswerk sal die geleentheid gegee word om die item te koop.
  • PNA sal weekliks in verdere kommunikasie wees met alle wenners.

 

Ornamente uit die rommelkas kunswerke

 

Verf en Kerf kunswerke

 

Let wel!

  • Alle kunsstukke word verkoop in hulle oorspronklike toestand soos verkry op die Kunsvlyt produksie stel.
  • PNA dra geen verantwoordelikheid vir beskadigde kunswerke tydens vervoer nie.
  • Slegs beskikbare kunsstukke is op veiling geplaas.
  • PNA vereis betaling van die kunsstuk voor aflewering daarvan sal plaasvind.
  • Moet asseblief nie ‘n bod plaas indien jy nie werklik belangstel om die kunswerk te koop nie.
Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × one =