Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Foto Joernaal deur Thynette Dannhauser S2/E1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

• Kaisercrafts ‘Scrapbook’ papier
• Tombow gom
• Unlimited ideas viniel plakkers
• The Wholesaler:
• Stensils
• Ink Sponsies
• Blommetjies
• Karton uitknipsels
• Wilson & Maclagan:
• Linte
• ‘Washi tape’
• Brother ScanNCut masjien
• Pritt

STAPPE:

stap 1
Gebruik papier vir die agtergrond. Plak jou fotos en stensil dan effens oor die foto met die protea aan die een kant en die kameelperd aan die ander kant. Gebruik viniel plakkers om die bladsye verder te versier.

stap 2
Gebruik ‘scrapbook’ papier om die agtergrond te versier. Vat nou ink sponsies in skakerings van blou en turquoise en bedruk die hele agtergrond daarmee. Hierdie skep die illusie van golwe. Sny ankers uit met die Brother ScanNCut. Ryg ‘n tou deur die een. Plak die foto en die ankers in posisie.

stap 3
Gebruik ‘n papier agtergrond. Plak die foto en omring met ‘n lint raampie. Gebruik ‘n ligte pienk lint om ‘n rant aan die onderkant te maak. Versier met papier blomme.

stap 4
Gebruik ‘n feetjie blad as agtergrond. Sny die woorde en skoenlappers uit dieselfde papierpak uit vir detail. Plak die foto en omraam met die woorde. Groepeer van die skoenlappers regs bo van die foto en versprei enkeles na die onderkant van die foto en bladsy. Gebruik papierblomme om die blomme onder aan die bladsy ‘n 3D effek te gee.

stap 5
Gebruik papier vir ‘n agtergrond. Knip van die skoenlappers uit dieselfde papierpak uit. Plak ‘n strook ‘washi tape’ onder aan. Verf die houtknipsels met die ink sponsies. Skakeer hulle vir ‘n mooier effek deur die ink sponsie elke keer net effens oor die vorige kleur te laat gaan. Plak alles op die bladsy.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *