Art and CraftArticlesKunsvlyt 2

Foto Joernaal deur Marlene Kruger S2/E1

Kunsvlyt 2 – Episode 1

Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

BENODIGDHEDE:

• Dala Acrylic Gesso
• ‘Scrapbook’ papier
• Tou
• Rommelgoed
• Self-plak lint
• Verfraaiings (embellishments)
• Verf
• Blik skêr
• “Gold leaf”
• “Antique rub”
• Stensils
• Roller verf
• Verf kwasse
• Brother ScanNCut masjien
• Pritt
• Modge Podge

STAPPE:

stap 1
Vir die voorblad, stensil die agtergrond met Gesso en los om droog te word. Gebruik die spuitverf en spuit die hele bladsy. Decoupage die papier agter op die kristal en plak op die voorblad met
gom. Verouder effens deur die bladsy met witverf te droogverf (drybrush). Versier verder met ‘n stuk “mesh” en los om droog te word.

stap 2
Berei visbladsy se agtergrond voor om droog te word. Verf eers die agtergrond met ‘n ligte blou, los om droog te word. Gebruik nou rowwe kwashale in wit en donker blou bo oor die ligte blou om die effek van golwe te skep.

stap 3
Verf die agtergrond ‘n effe kleur en stensil dan met tekstuur verf. Los om droog te word. Kinderbladsy met rommel en raampies geplak.

step 4
Pa bladsy uitgesny met karton en tou gebruik om te skryf.

stap 5
Gebruik “scrapbook” papier vir die agtergrond. Verf die kartonuitknipsel met “Antique rub”. Plak alles vas.

stap 6
Gebruik “scrapbook” papier vir die agtergrond. Plak die foto. Sny die binnekant van ‘n doilie uit en plak bo-oor die foto as ‘n raam en versier verder met ‘n vooraf gedrukte etiket.

stap 7
Gebruik “scrapbook” papier vir die agtergrond. Plak die foto en gebruik ‘n karton raam om dit te omraam. Druk verfkwasse in verf en plaas op bladsy sodat van die verf nog effens afloop. Los om droog te word.

stap 8
Rommel geplak vir detail.

Vir meer inligting besoek www.kyknet.co.za of www.pna.co.za. Volg ons gerus op Facebook @PNAColouryourWorld

Kunsvlyt 2 - Kompetisie

 

Share:

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *